Friday, September 6, 2024

Verlore Gisters deur Lynelle Clark. Beskikbaar in Kindle en e-boek.


Genre: Misterieuse Spanningsverhaal

Uitgewer: Ns. Skrywershuis Publikasies teen R40 per eboek

ISBN: 978-1-7764392-8-7

Bladsye: 85

In ons daaglikse keuses berus die besluit tussen goed en kwaad by ons. Watter een sal seëvier. Kies ons verkeerd, wel, dan moet ons die prys betaal. Die vraag is wat sal jy doen om jou kind se nagedagtenis in ere te herstel?



Skakels:

Goodreads: Verlore Gisters, ’n Spannende misterie-novelle.

Smashwords / Amazon / NS Skrywershuis / Barnes & Noble / Apple  

 

Sinopsis

 

Die Kennis van Goed en Kwaad is die dryfveer van Verlore Gisters. In ons daaglikse keuses berus die besluit by ons watter een sal seëvier. Kies ons verkeerd, wel, dan moet ons die prys betaal. Die vraag is wat sal jy doen om jou kind se nagedagtenis in ere te herstel? 

Bertha Geldenhuis se lewe het ’n lelike draai gemaak die dag toe sy met Heino Beetge en sy vriende deurmekaar geraak het. Die prys van dié vriendskap het haar alles wat belangrik is gekos.  

Wanneer hoop net ’n vae begrip word en vriendskap yler as hoendertande, dan weet jy jou keuse was ʼn fout. Sou sy die een hand wat wel na haar uitgehou word vat, of sou sy aanhou om die verkeerde besluite te neem? Die besluit van kennis van goed ... of kwaad? 

Luitenant-Kolonel Hendrik Swanepoel is op die drumpel van aftrede. Sy lewe as oujongkêrel en toegewyde polisieman was vervullend. Maar die dag toe hy Bertha Geldenhuis ontmoet, was sy keuses afgebaken in hoopvolle meetsnoere.  

Met die ewige vraag: wat beteken die kennis van goed en kwaad nou eintlik, word hy aangespoor om die antwoord vir Bertha te soek. Wat hy vind is meer as net ’n antwoord. Dit is ’n openbaring wat hom op wye draaie sou vat.  

Hoop is soms al wat ons het om aan vas te hou ...  

’n Spannende misterie-novelle.  

Verlore Gisters deur Lynelle Clark

 


No comments:

Post a Comment

Verlore Gisters deur Lynelle Clark. Beskikbaar in Kindle en e-boek.

Genre: Misterieuse Spanningsverhaal Uitgewer: Ns. Skrywershuis Publikasies teen R40 per eboek ISBN: 978-1-7764392-8-7 Bladsye: 85 In...