Friday, October 18, 2019

Help an author to distribute her books.

With only twelve days to go please consider donating towards my fundraiser.
Your contribution will enable me to accomplish my dream.
Om Amazon the free offer has expired but the books are still available on Smashwords for free till the end of the month.
Click here

Thursday, October 10, 2019

Book review - What if's by Paddy Bostock


I received this book for an honest review. 
Paddy Bostock’s books are difficult to read. That is just a fact. It is typical British dry humor with tongue in cheek funny bits you only get after a while. With lots of unfamiliar words that you first have to look for a dictionary to understand the word, then the story. 
What if's is just that kind of book but his storytelling has a way of drawing you and keeping your attention no matter how incomprehensible the plot. Maybe it has to do with the rhythm of the book or just the way he is writing it, never less, you are drawn into funny situations surrounding funnier characters. 
With What If's I was actually surprised when s/he featured into the book. This character brought an entire line of fantasy within the literary, funny and murder plot. All the different genres combined give you a rich equivalent that rolls from the mouth. 
It is robust and flavourful in its uniqueness. An easy read with all the qualities of a good book. 
The main characters were brilliant in their parts. Playing and growing, albeit with the help of the s/he character. Each was perfectly crafted to compliment not only the storyline but the plot in detail. It added to the richness. Colouring it in perfectly.
It is not for the faint-hearted. It is not for the person that loves marshmallows and sprinkles on top. You need to have wits about you to keep the pace but well worth it. 
A wonderful read I can definitely recommend. 

To add to your Goodreads list TBR / To buy Amazon

About the book

The chance meeting with Gabi in Queen Mary’s Garden, Regent’s Park, is only the start of a series of unworldly events for aspiring writer James Cockburn, which will involve him first in a murder investigation and treasure hunt in St Ives, Cornwall, and then in the increasingly frenetic machinations of politicians and mobsters in both the human dimension and fairyland.



Saturday, October 5, 2019

Spore van Genade: 'n Liefdadigheidsprojek deur 45 Woordkunstenaars



Spore van Genade
Kopieregte: Hope Anointed Ministries: Alta van Zyl (Hope)
Self-Publiseerder: Hope Anointed Ministries
Sagteband ISBN: 978-0-6399309-8-5
Kindle: ꓽ 978-0-6399601-8-0
PDF ISBNꓽ 978-0-6399601-7-3
Gepubliseer 11 September 2019
Projekkoördineerder: Lynelle Clark
Fotograaf: Theuns de Bruin
Ontwerp van Boekomslag: Odette Clark
Illustrasies: Elmari van Zyl (LiefieKinD)
Illustrasie: Antonette Bisset
Proefleser: Driekie Grobler
Proefleser: Anzé Bezuidenhout

Verkoopprys: R245

Boekbekendstelling in Stilfontein 12 Oktober 2019 R80pp
Abuse Awareness Fundraiser in Nigel 16 November 2019 
Kersmark in Leslie 9 November 2019

‘n Liefdadigheidsprojek.


Oorsig

Wat is asemloos? Asemloos was ek eendag op 'n lang dag. 'n Dag sonder dat ek die son sien opkom het, 'n dag sonder hoop, sonder tyd, sonder 'n geluid. Mense sê hulle tyd is duur. Wat is my tyd wat ek op die plek moes verduur?
Die son kom op en sak maar ek weet nie eers of dit dag of nag is nie. Die verskil tussen water en asyn, sweet en roosmaryn ken ek nie eers meer nie. Ek sit hier op die wal van die Vaalrivier.  Kaalvoet man sonder 'n van of naam... So weet dié mens min!
Ek, die man op die maan.  ‘n Man met my eie taal. In ink geteken my verhaal. Die mense lag! Daar staan die boemelaar ou maar ek stap, stap my voete rou. 'n Laaste dag dalk, ‘n laaste nag. In my hart 'n blondekop dogter en 'n donkerkop vrou wat my nog laat wag voor ek vertrek na die Hemelseprag!
Die lewe ken my stap, Vader het my pad vir my uitgekap. Gedra was ek deur gebede! As die mens maar weet! Die verskil tussen water en grond. Vis en vleis. Is soos ek, die gewonde boemelaar man. Ek op my “boks” en jy op jou "king size" bed....
Wat is die verskil? Hoekom is jy skaam vir my?
45 Woordkunstenaars, 1 Bundel


Biografie Alta van Zyl

Alta van Zyl is in Klerksdorp, Suid-Afrika gebore en het grootgeword in Randlespark. Op die ouderdom van 16 het sy swanger geraak met haar dogter. Later jare is Alta getroud en het ook ‘n stiefseun ryker geword. Vandag is sy die trotse ouma van 3 kleinkinders. In 2016 is sy geskei.
Sy is ‘n regte “Warrior Women”. Om te bly hoop, al is daar niks om voor te hoop nie, is haar leefwyse. Haar eerlikheid en sagtheid is welbekend onder haar hartsmense. Sy is altyd gereed met ‘n vriendelike groet en opbouende woord. Sy tree op soos sy is.
Na ‘n moeilike lewe het sy, op die ouderdom van 31, haar lewensverhaal begin skryf. Ander boeke het ook daarna gevolg. Haar uithouvermoë en aanhou probeer maak van haar ‘n ster wat helder skyn. Sy was betrokke in haar bediening wat vir ‘n tyd lank toe was, maar nou weer oopgestel is. Of sy ‘n boek skryf of nie, sy is besig met die bediening en die bemarking van haar boeke. Sy beskou elke mens se sukses, in wat hy/sy ookal bereik, as sukses. Die een is nie méér belangrik as die ander nie. Wanneer jy doelwitte gestel het en dit bereik het, was jy suksesvol.
Alta glo in groei, dat ‘n mens kennis moet opbou in verskeie areas en dat ‘n mens nooit genoeg intellektueel en emosioneel kan groei nie. Sy sal elke dag leersaam wil bly, want … “’n Mens is nooit te oud om te leer nie”. Emosionele volwassenheid is iets wat plaasvind met verandering van gedagtes, daarom is sy nie bang vir veranderings in haarself en haar denkwyses nie. Die swaarkry (geestelik, emosioneel en liggaamlik) van die mens lê haar na aan die hart en as sy ‘n verskil kan maak, is dit vir haar ‘n groot bonus, floreer sy en is sy in haar element. Die boemelaar op die straat wat steeds lewe en glimlag wanneer daar ‘n geldstukkie in sy hand gestop word, inspireer hierdie vrou. Dit laat Alta besef hoeveel sy het om voor dankbaar te wees en dit inspireer haar tot ‘n groter omgee-hart wat oorloop van liefde, sonder enige veroordeling, want niemand van ons stap in die boemelaar se skoene nie.
Lees mens dié merkwaardige vrou se verhaal, verstaan jy ook wat so inspirerend uit haar verhaal is, want sy is deur ongelooflike diep waters en vuur, nie een maal nie, maar talle kere in haar lewe. Al wou sy het sy nooit gaan lê nie, maar elke keer sterker anderkant uitgekom. Vandag is sy die vuur! ‘n “Free spirit.” Wat jy sien is wat jy kry. Sy dra geen maskers nie. Lank gelede reeds is dit verbrand en voorgee is nie in haar woordeskat en leefwyse nie. Alta is dieselfde mens agter geslote en geopende deure!
Om jouself te vind en lief te hê is vir Alta van Zyl die definisie van ware geluk. Die sleutel tot geluk vind ‘n mens net binne jouself. Jy kan niemand gelukkig maak en ook self gelukkig wees, alvorens jy nie ware geluk binne jouself ontdek, ken en leef nie.
Haar advies aan jong aspirerende skrywers is om jou boeke self te probeer publiseer. Glo in jouself, al neem dit jou jare. Hou aan glo in jou boek en skryfvermoëns. Die eerste paragraaf is al die sleutel na sukses.
Ten laaste glo sy: Dra jou kroon, want jy is vrou.

Hope Anointed Ministries

Wat doen ons?
1. Minderbevoorregtes.
2. Verslaafdes.
3. Die wat mishandel word.
4. Enige trauma.
5. Bejaardes.
6. Kinders.
Ons gee HOOP waar WANHOOP heers.
Die bediening is deur Alta van Zyl gestig en bestaan al meer as tien jaar. Ons het al baie mense met erge verslawing gehelp, asook behoeftige mense bygestaan. Die visie en missie van die bediening is om mense weer hul trots terug te gee! Ons deel nie net met 'n vrye hand uit nie. NEE, ons help mense hul waardigheid terugvind en weer in die samelewing, waaruit hul onttrek het, in te pas. Wanneer hul genesing en vrymaking gevind het, kan hulle ook 'n verskil gaan maak.
Daar is vir Alta niks mooier as die mense se dowwe oë weer soos diamante skitter nie!
Wie befonds ons?
1. NIEMAND NIE!
Alle fondse kom uit my eie finansies of soms as iemand iets skenk (sonder dat ons vra).
My finansies?
1. Kom alleenlik uit my boekverkope of as iemand in my lewe saai en gee.
Nou, in ons dorpe is daar ongelooflik groot behoeftes, soveel so dat mens nie by almal kan uitkom of kan help nie. Daarom doen sy 'n beroep op elkeen om twee keer te kyk na die persoon op straat en te help as jy kan, want 90% van hulle is daar a.g.v omstandighede buite hul beheer ...!
JY mag vir my sê ...
2. “Nee, dit is 'n keuse.” Ek sê: “Daaroor kan ons lank debateer!”
Al haar boeke word gepubliseer deur Hope Anointed Ministries, asook die boeke wat sy vir ander skrywers publiseer.

‘Spore van Genade’ is 'n digbundel juis vir hierdie doel. Daarom het is alle skrywers uitgenooi om deel te neem aan die skryf van die bundel, wat verkoop sal word vir fondse vir Hope Anointed Ministries en ander bedienings, om mense in nood te kan help. Behoeftiges, verslaafdes, boemelaars, bejaardes, kinders ens. en bewys van fondse gebruik, sal op aanvraag beskikbaar wees.
Bejaardes, is dié moeders en vaders van ons volk op wie se spore ons moet stap en aan hul ‘n gemaklike lewe gee binne ons vermoë, want hul pensioen is BITTER MIN!
Ons kinders is die toekoms en as daar skade is in hul kinderjare vind ons hul spore op die ashoop ... Kom ons bied aan ons kinders ‘n veilige toekoms sodat hul kinders in vreugde kan volg op hulle spore - spore van genade!
As Jou Siel Skoon en Gesond Is Dan Kan Jy Rus Vind In ABBA en Word Jou Weg Voorspoedig …

Gedagtes van die skrywers

 Isak de Lange


Aanvanklik het ek net gehoor van hierdie projek en ‘n ondersteuningsrol vertolk. Met die lees en raad gee het ek van meet af my vereenselwig met die deelnemers se ervarings. Toe ek dus die geleentheid gekry het, het ek my hart oopgebreek en my seer gedeel. Dinge wat ek onder die sand begrawe gehad het. My storie oor siekte tot die dood. My stryd van oorlewing, mislukte verhoudings, selfdood gedagtes, ens.. Toe ‘n bydrae oor die seerkry en vernedering van my kinderjare. Dinge wat daar was en wat my die mens gemaak het wat ek vandag is. ‘n Sterk gelowiges wat uit genade gered is. “Spore van Genade”, want sonder God se genade was ek verlore.
Lynelle Clark      


Aanvanklike het ek net as ‘n deelnemende skrywer saam met die projek begin. ‘n Paar dae later was ek pens en pooitjies deel van die projek en moes ek skielik beheer van vyf en veertig mense se skrywes vat. My rekenaar was gebombardeer met gedigte, kort verhale en prosa stukkies en hoendervleis permanent op my vel te bespeur van weë die inhoud. Jy kan nie anders as om meegesleur te raak met die woorde nie. Die pyn, hartseer, en verlange het ‘n allesoorheersende drang gelaat om die proses klaar te maak. Die onderwerpe sluit in armoede, verslawing, bejaardes, kinders- en vroue mishandeling in en sluit af in triomf. Dit sal skok en jou laat ween en hopelik laat dink om deel te word van die oplossing. Hierdie is ‘n moet bundel op jou boekrak. Een wat jy met trots aan vriende en familie kan voorstel. Alta is ‘n besondere vrou en ons twee het baie nou saamgewerk. Daarom kan ek met absolute oortuiging hierdie boek en projek aanbeveel. Sy is nie net ‘n prater nie maar ‘n doener. Haar lewens verhaal die kern van dit als.
Mariaan Taljaard
Spore van Genade is die inisiatief van die skrywer, Alta van Zyl, wat die pad van dwelmverslawing en armoede eerstehands ervaar het. Haar aanskouing van die vernietiging wat armoede en dwelmverslawing aanrig het haar genoop om in 2005 die Hope Anointed Ministries bediening te stig wat die verspreiding van die bundel moontlik maak.
Vyf en veertig skrywers en digters het saamgespan om geboorte aan hierdie projek te skenk. Dit was soms ‘n opdraende pad maar met gebed en volharding in geloof, kan ons met trots aankondig dat hierdie juweel van 302 bladsye die lig gesien het. Die fondse wat verdien word uit hier pragbundel sal aangewend word om nood te verlig onder ons volk wat gebuk gaan onder armoede, werkloosheid, weeskinders, dwelmverslaafdes en verwaarloosde bejaardes. Die skrywes in hierdie bundel handel ook oor genoemde aspekte.
Die nood daar buite is hoog! As ons saamstaan kan ons ‘n verskil maak.
Liewe leser, baie dankie vir u ondersteuning. Mag die skrywes in hierdie saamgestelde bundel u hart aangryp en u seën.
Mag jou lag weerklink
trane nie jou oë laat blink
Laat jou drome vlerke kry
laat liefde in jou hart gedy

Spreuke 3: 27
Moenie weier om te doen wat goed is, as dit in jou hand is om dit te doen nie

Mariaan
Getuienis en die rede vir die boek. Dit is net een geval.
Anthony het in Witbank se onderdorp grootgeword. Hy was op laerskool toe dwelmhandelaars hom in hulle kloue gekry het. Ek en sy familie het vergeefs vir hom hulp gesoek. Selfs die hof kon nie help om hom te dwing om vir rehab te gaan nie. Almal skryf 'n dwelmverslaafde af en glo dat hulle nie gehelp wil word nie. Op 14 was hy geheel en al verslaaf aan heroien. Hy het by se ma gebly en een aand verdwyn. Later het hy opgedaag, blou om sy mond en voor sy ma se voete neergesak waar hy gesterf het weens n oordosis op die ouderdom van 18. Hy was 'n pragtige jongman. Rehab sentrums is onmenslik duur en Anthony se ma het reeds gesukkel om kop bo water te hou. Vandag bied sy ma slaapplek in haar klein woonstelletjie vir dwelmverslaafde straatkinders. Dis al wat sy kan doen. Niemand is bereid om hierdie kinders te help nie.




Book Review: Jim’s Pterodactyl is an intriguing novel by Andrew R. Williams.

Amazon / Goodreads   / LibraryThing / Reedsy  Book Blurb: In this egg-straordinary tale,  Jim Godwin  has an unexpected delivery that ta...